Plekname en stories

Source: Richtersveld co-authors
Contributor:

Pieter van Wyk


Related file: http://book.ecoafrica.co.za/images/uploads/BUCHUBERG.doc

Notes:

Includes: buchuberg, holgat rivier, visagiesfontein, bokdrol hoek, alexander bay airstrip, kortdoorn (incl interesting history of families who lived there)
WITVOOR EN SAREL SE KOP, Orange river mouth, heavy separation plant, the old gum tree, oppenheimer bridge, hohenfels

Some nice older images to illustrate the stories, may be able to scan at higher quality
The original version of word file has larger images embedded also - was 20mb in size.
Shrunk to web size here for download.



Full text:

(note images embedded in word document)

BUCHUBERG

Met die aankoms van Colonel Gordon het die ondekker reisiger die twee berge gesien langs die kus en hulle gedoop die “Twee Gebroeders” 1770’s.  Die twee berge was toe gebruik as landmerke en in die 1800’s na die begin van die taal, Afrikaans het dit die “Twee Broers” geword en voor 1930 is die Berge hernoem na Buchuberg Noord en Suid.  Vandag is die twee berge langs die kus van die Richersveld nie net twee landmerke nie, maar dis twee berge met ‘n reik argilogiese geskiedenis vir die mense van die Richersveld.  As jy ‘n paar miljoenjaar terug gaan sal jy vind dat die twee berge eens eilande in die see was, en daarom kry ‘n mens teen die sye van die berge “warmwateroester” fosiele.  En lank, maar nie te lank gelede, so te sê 500 000 jaar gelede was die berge nog steeds twee eilande, maar binne ‘n riviermond, moontlik die Oranje rivier.  Die twee berge is reik aan argilogiese artifekte soos die onderkake van ‘n uitgestorwe Kaapse Berg Kwaga wat 10 000 jaar gelede dateer.  Die twee berge vertel ook vir ons ‘n stukkie van die vroegste inwooners van die Kuslein van die Richersveld, die Strandloopers.  Daar is “Strandlooper Afvalhoopies” rondom die berge en goed bewaarde artifekte van die skaars mense by ‘n grot op die berg.  Die Strandlooper Afvalhoopies dateer na die middel steen tydperk (30 000 – 150 000) en is die twede oudste plek met Strandlooper oorblyfsels langs die Kus van die Richersveld.  Die twee berge het ‘n baie ryk plant stelsel en kom daar ‘n paar indemiese spesies op die berg voor, die berg is ook die tuiste van ‘n groot aantal reptiele.  Onder links is ‘n subspesie van Crassula Mocowania wat op Buchuberge voorkom, middel is Ramalina Capensis (Lichen) en links is ‘n Suidelike Klip Agama (Agama atra) of Kogelmander.

HOLGAT RIVIER

Links is die magtige waters van die Holgat rivier, ‘n rivier met pragtige klowe waar waters diep in die rots-wande in gesny het.  Die rivier wat slegs 1-3 keer ‘n 100 jaar water kry is ‘n defnitiewe natuur wonder en laat wonder ‘n mens soms hoeveel jare en hoeveel waters moes oor die strokie land gespoel het om so diep en breed in aarde in te sny.  Die rivier het sy naam gekry van die vroeë inwoners van Alexanderbaai wat in die helfte van die pad tussen Port Nolloth en Alexanderbaai deer die “diepknik” van die rivier moes ry.  In die 1940’s was die pad in die rivier opper gevul, maar die mense moes nog steeds deer die holgat in die pad ry.  Die rivier het ‘n reik geskiedenis en word al baie lank deur die mense bewoon.  In die rivierloop is baie oorblyfsels van die San gevind wat 900 – 30 000 jaar gelede dateer.  By die mond van die Holgat rivier is daar ook oorblyfsels gevind van die Strandloopers en ‘n bietjie meer na ons tyd, is daar oorblyfsels van die vroeë Europese mense gevind van die laat 1800’s tot die 1940’s.  Volgens “tanie Hesie Coetzee” vrou van Albert Richersveld het haar ouers vanaf die laat 1800’s in die Holgat rivier gewoon en is die oorblyfsels wat daar is van haar gesin.  En dan aan die bokant, onder die voet van die Richersveldberge is daar ook die oorblyfsels van Nama feeposte gevind wat dateer tot so ver terug as die 1920’s en van die middel 1940’s is daar ook oorblyfsels van die Bosluisbasters feeposte te vinde.  Links is voëlstruis eierdop wat deer die San mense gebruik was vir water houers wat gevind is deer Hessie Coetzee (Nuwerus) as kind in die Holgat rivier in die 1940’s.  Die Holgat rivier is nie net ryk aan menslike geskiedenis nie, maar natuurlike lewe.  Daar word vertel dat daar aan die bokant van die rivier nog ‘n paar ribboke bly.  Die rivierloop is ook die tysde van die Bruinhahina (Strandwolf), Rooi en Draai Jakkals, Grou kat en Ratel.  Die rivierloop is ook ‘n broeiplek van groot hoeveelhede roofvoëls en die skaarse Barlow’s Lewerik, gebruik ook die rivier as tuiste.  Voëlstruise en gemsboke is ook ‘n algemene gesig in die rivier.  Die rivier het ‘n groot verskeidenheid reptiele en plantspesies, sommige indemies bv. Drosanteum Holgatensis wat nêrens anders in die wêreld voorkom behalwe in die Holgat rivier.

Van links na regs, Drosantheum Holgatensis, Veldverkleurmanietjie, Holgatrivier Canyon.
VISAGIESFONTEIN

Links is die pragtige uitsig vanaf Visagiesfonteinkop (322mbs).  Die fontein is in die vroeë 1900’s geontdek deur Europeese mense, maar hulle was duidelik nie die eerstes wat die fontein gebruik het nie.  Rondom die fontein is daar stukkies gebreekte volstruis eierdoppe en krale wat beteken dat die fontein moes op ‘n tyd gebruik gewees het deur die San mense.  In die 1920’s het Petrus Albertus Huysamen in sy ouers se gewese huis op Visagiesfontein gewoon.  Hy het vir Susanna Sophia Engelbrecht ontmoet op Kortdoorn, en hulle het getrou en op Kortdoorn voort gebly.  Gedurende 1934 is hulle terug na hulle huisie op Visagiesfontein en is hulle eerste dogter Cornelia Katerina Huysamen in 1935 gebore.  Gedurende 1938 het die gesin terug getrek na Susanna se ouers se huis op Kortdoorn en het niemand weer op Visagiesfontein gebly nie, al wat vandag nog daar is, is die ou huis murasie, die bodem van ‘n dam en die hand gegrawe put.  ‘n Besonderse plek by Visagiesfontein area is die Klipbakke wat die drink plek van Petrus en Susanna se bokke en skape was, wat vandag nog deer Veeboere in die omgewing gebruik word.  Die Visagiesfonteinkop het ‘n besonderse plant en reptiel lewe.

Bo van Links, Klipbakke, Aloe arenicola, onbekende Crassula spesie. Onder van links, Fensterplantjie (Fenestraria Rhopalophylla subsp. Avrantiaca) en regs is Susanna Sophia Huysamen met haar dogter Cornelia Katerina (Nellie) 1937 op Visagiesfontein net voordat hulle terug gekeer het na Susanna se ouers se stukkie grond by Kordoorn.

BOKDROL HOEK

Links is die pragtige uitsig vanaf die koppie by Bokdrol hoek.  Die plek was bewoon deur die Venant familie in die 1930’s tot die 1940’s.  Die tekens van die “oukraal” kan nog duidelik gesien word en net kort voor die Witduin van Bokdrol hoek lê van die familie se graftes.  Die grafte het nie kopsteune nie, maar plat klippe met ‘n paar rotse bo op.  Die naam van die plek was eers Brandbos.  In die 1960’s tot 70’s het die myn die stukkie grond by Brandbos laat om ploeg en ‘n paar lappies lusern geplant.  In die 1980’s is ‘n pomhuis gebou vir die waterlories en het iemand groot op die muur geskryf bokdrol.  Die pomphuis het later buite werking geraak en het ‘n gewilde braai plek vir die gemeenskap geraak en het die mense die plek Bokdrol hoek gedoop in die vroë 1990’s.  Die plaase het ook tot niet geword, maar die boom laanings wat vir wind skyling geplant was staan nog.  Die plek is ‘n gewilde keierplek van die strandwolf en word sy spoor gereeld oor die Witduin gesien.

Bo links en regs is van die mooi rotsformasies bo op die koppie by Bokdrolhoek en heel links is Ferraria Schaeferi teen die sy van die Witduin.  Onder is Jutta- ninteria Deser- ticola, indemiese spesie tot die Kusvlak van die Richersveld.

ALEXANDERBAAIVLIEGVELD

Gedurende die oorlogsjare het al meer en meer Lugmagvliegtuie op patrolliediens by die Alexanderbaaivliegveld aangedoen om te herbunker.  Die ou vliegveld (in die myngebied) was egter naby die see en vliegbedrywighede is baie deur digte mis oor die gebied beperk.  Langer aanloopbane is gedurende 1942 naby die destydse Kortdoorn aangelê, en in 1945 is ‘n eindpuntgebou opgerig.  Na die oorlog is ‘n vliegveldinligtingdienssentrum deur ie Departement van Vervoer gestig in ‘n gebou wat voorheen deur die Poskantoor as ‘n radio-telegraafkantoor gebruik was.  ‘n Radiotelegrafiekring, tussen hierdie sentrum en ander grondsentrums asook lugvaartuie in die lug, is ook in werking gestel.  Gedurende 1948 het die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) op die Kaapstad-Windhoek-Kaapstad roete vir die eerste keer by Alexanderbaai begin aandoen.  Die Lockheed Lodestars is eers deur Dakotas (DC3) en later deur “Skymasters” (DC4) vervang.  Gedurende 1965 is die aanloopbaan geteer en kon SAL Viscounts dus ook gebruik word.  Sedert 1955 word geskeduleerde dienste deur beide Suidweslugdiens en SAL uitgevoer.  Die eerste radio-navigasiehulpmiddel nl. ‘n mediumgolf radiobaken, is gedurende 1953 in gebruik geneem en uiwykings as gevolg van swak weersomstandighede het heelwat verminder.  Verdere hulpmiddels nl. V.O.R (alomgerigte hoë frekwensie radiobaken) in 1969; D.M.E (afstandmeet uitrusting) en VASIS (signaderingshellingwyser) in 1974.  Die radiotelegrafiekring is deur ‘n teledrukkerskring vervang en kommunikasie baie verbeter.  Aanloopbaanligte is egter nog nie op hierdie stadium aangebring nie.  Die oorspronklike vliegveldvluginligtingssentrum was ongeveer 6km vaaf die lughawe binne die sekuriteitsgebied geleë.  Geen behoorlike beheer oor lugvaartuie op en in die onmiddellike omgewing van die vliegveld kon dus uitgeoefen word nie.  Hierdie probleem is egter te bowe gekom toe die vliegveldvluginligtingssentrum gedurende 1968 na die beheertoring op die vliegveld verskuif is.  Vandag staan die Lugawe nog vol in werking.  Die veld het sy eie ligte op die aanloopbaan gekry.  Die gebou is gedurende 2005 blou geverf en in 2007 opgegradeer.  Die toeristing binne in die vlieg toring is hoogs gesostifikeeerd, moderend en van die beste.  Intresant is seker, Elsa Smith wat die langste werker was tot dus vêr by die Lugawe.  Sy werk al vanaf 1988 by die Lughawe toring en is nog tans werkend daar.  Volgens haar was dit, maar aan die begind moeilik om van die Kaap af te kom en op ‘n Vliegveld soos die te kom werk, in ‘n plek wat so verlate is, maar dit was haar brood en botter werd.  Nou sê sy weer, daar lê ‘n moeilike tyd voor.  Na 19 jaar by Alexanderbaailughawe gaan sy in 2008 verplaas word weer terug na Kaapstad.  Sy sê dis maar moeilik om weg te gaan want die gasvreiheid van die Richersveld mense sal ‘n mens nêrens anders in die wêreld kry nie.

WELKOM BY DIE WESKUS VAN RICHERSVELD

Begin by roete 1 en sien hoe lyk die Weskus van die Richersveld met al sy besienswaardighede ens.

R1 - Port Nolloth

R2 - Mecdocalsbaai

R3 - Cliffs
- R3.1 - Kleinduin
- Uitkyk
- Windwaai
- Muisvlei
- Holgatrivierloop
- R3.2 - Swartbank
- Muisvlei
- 4X4 pad
- R3.3 - Swartbank
- Gifkop
- Voëlstruisbult
- Rietfontein
- Visagiesfontein
- Buchuberg Suid + Noord
- Robkolonie
- R3.4 - Een Hek
- R3.5 - Holgatrivier monding
- HomeWood Hawe
- Kaap Voltas
- Alexanderbaai Hawe
- Lichen Veld
- Alexanderbaai
- Oranje rivier mond, Ramsar gebied
- 4X4 pad

R4 - Boesman koppie
- Alexanderbaai Lughawe

R5 - Herrie Opennaaimer Brug
- Weerkantoor
- Kortdoorn dorp
- Ouhuis
- Bloekomboom
- Grafte’s
- 5.1 - Pagvlei
- Rooibontpaale
- 5.1.1 - Visagiesfonteinkop
- 4X4 pad
- Klipbakke
- 5.2 - Pagvlei
- Kordoornberg
- 4X4 pad (Karduine)
- Hendrik Skreurder se Withuis
- Beavallon
- Witvoorkop
- Brandkaros
- Beesbank

R6 - Wurmkop
- Witbank
- 6.1 - Rooibank
- R7 roete verder na Springklipberg
- Holgatrivier
- Indraai by R3.1

KORTDOORN

Die ouers van Giel en Hendrik Louw het in die middel 1800’s op Grootderm kom woon, nie te lank na hulle het daar vêrlangs familie van hulle, “Engelbrecht’s” in die 1880’s op die lappie grond ‘n enkie van die rivier monding af, wat deur geen mens, blank of kleurling, bewoon was (“volgens hulle verslag”) gekom woon en die plek gedoop Kortdoorn.  Hulle eerste dogter, Susanna Sophia Engelbrecht is toe op Kordoorn gebore 1891 en is getroud daar 1907 met Hendrik Jacobus Engelbrecht.  Hulle twee het eienaars geword van Kordoorn en hulle oudste dogter Sussana Sophia Engelbrecht was toe gebore 1911 wat die volgende erfnaam van die grond was.  Hulle het gelukkig gelewe en met ‘n klompie bokke en skape geboer.  Susanna het groot geword en haar eerste man ontmoet, sy was ‘n rukkie weg van Kordoorn, hulle het twee kinders Willem en Susanna De Vries gehad.  Haar man is toe oorlede en sy het ‘n nuwe man gevat Petrus Albertus Huysamen.  Hulle is getroud op Kortdoorn en sy het nog twee kinders gekry, Nellie wat gebore is by die buite “vee-pos” Visagiesfontein en Gideon wat gebore is by die binne “fee-pos” Witfoorkop toe.  Susanna en haar man is alby in die 1960’s, 70’s oorlede en het hulle jongste dogter Nellie (Cornelia Caterina) besluit om terug te gaan na haar ma en ouma se huis en lappie grond op Kortdoorn.  Intussen het daar nog mense in die gebied kom woon, die Agenbag’s en nog Engelbrecht’s.  Pieter Christiaan Voges Engelbrecht het in die 1930’s op Kortdoorn kom woon en vir hom ‘n huis gebou, wat vandag nog staan, “Ouhuis”.  Hy het met een van die Agenbags getrou en hulle het vier kinders gehad, sy vrou is toe oorlede en in 1951 het Nellie, Pieter se vier kinders aan geneem en sy en Pieter het getrou 1953, Nellie het vier kinders van haar eie by gekry wat almal op Kortdoorn gebore is.  In die selfde tydperk wat hulle getrou het, het daar klomp gesinne op Kortdoorn begin plak, wat gekom het om op die myn te werk, maar daar was nie huise vir hulle nie en het Kortdoorn bekend geword as die “Blanke plakerskamp”.  In 1954 is beplan om huurkontrakte op kortdoorn vir die plakery te voorkom.  In 1961 was daar ‘n 100 huise te kort in die Binnekamp en het nog mense na Kortdoorn gekom om daar te plak, die eerste swartes en kleurlinge het ook daar kom plak wat by die myn toe begin werk het, maar nie huise kon kry. Egter is die enigste bewys van die swartes en kleurlinge wat volgens die “ou inwoners” van die Transkei en Kaap gekom het wat al lank uit die geskiedenis van die plek gehou word, die ses graffies van die mense wat in die plak priode gesterf het op Kortdoorn.  In 1968 was die behuisings probleme op gelos en al die plakkers is verwyder, intussen het daar ook ‘n paar Nama mense op Kortdoorn gewoon wat vir die plakkers in hulle huise kom werk het.  Links is foto van kinders op Kortdoorn, letop al die huisies in die agtergrond gedurende die plak priode.  Tussen deur die plakkers het Nellie en Pieter nog gelukkig voort gebly op Kortdoorn tot hulle gesterf het, Pieter 1998 en Nellie 2003.  Hulle oudste dogter het die Sussana Sophia famielie naam foort gedra en sy en haar oudste broer Bertus het voort gegan met die boerdery op Kortdoorn tot 2006 dat hulle ‘n brief ontvang het dat hulle later gevra sal word om weg te gan van af Kortdoorn, hulle sê die plek het groot sentimentele waarde vir hulle, maar nie nasteby so veel soos die familie begrafplasie wat die enigste bewys is van hulle familie in die Richersveld.  Links is Andries en Maria Engelbrecht voor hulle huisie op Kortdoorn in die 1930’s.
PIETER & NELLIE VAN KORTDOORN

Ooral in Richersveld sal ‘n mens verhale hoor oor die twee mense wat hulle huise en lewens vir baie ander mense oop gemaak het.  Nellie was nog altyd op Kortdoorn want dit was haar ma en ouma se grond.  Pieter en sy familie het egter in die 1920’s op Kortdoorn an gekom en hy het daar getrou met Maria Johanna Agenbag.  Hulle het vir hulle ‘n huisie “Ou huis” gebou op Kortdoorn waar hulle vier kinders gekry het.  Sy vrou is in die 1940’s oorlede.  In 1951 het hy verlief geraak op Nellie en hulle is getroud 1953.  Hulle het vier kinders saam gehad en het in die “Ou huis” gebly tot 1967 toe hulle na die Myn Huis op Kortdoorn getrek het waar Tak De Vries eers gewoon het.  Nellie het met bokke, skaape en beeste geboer terwyl Pieter in die Myn gewerk het.  Pieter het vir 47 jaar in die myn gewerk tot in die 1984 toe hy af getree het en verder geboer het.  Hulle was 45jaar getroud tot Pieter se dood 1998.  Nellie het toe aleen met die boerdery aan gegaan tot haar dood in 2003.  Hulle was bekend, onder die Nama mense vir hulle hulp wat hulle verleen het deur die jare en het daar sekerlik honderde veewagters by hulle gewerk, sommige met goeie verhale.  Hulle is alby in Alexanderbaai begrawe, want hulle sê die Suidewind het hulle genoeg swaar laat kry, as om nog in die wind te lê op Kordoorn.  Hulle ouers en famielie lê begrawe in die Kordoornbegrafplaas waar hulle kinders ook begrawe wil word.

Bo links staan Nellie voor die “Ou huis” wat in die 1930’s gebou is deer Pieter, wat vandag nog op Kortdoorn staan, middel.  En regs is Nellie en Pieter in die 1950’s voor hulle kar “Beta” wat se geraamte nog in die grond lê by die Ou huis.

WITVOOR EN SAREL SE KOP

Links is foto van die huisie van Petrus Albertus en Sussana Sophia Huysamen met hulle agter klein kind voor die deur.  Die huisie is in 1930’s gebou deur Petrus self en staan vandag nog, maar is ongelukkig ontoeganklik weens myn bedrywighede.  Petrus was die voorsiener van vars groente aan die mense in die omgewing voordat die myn groente geplant het.  Dit is juis hier by die huisie waar Petrus se dogter Nellie vertel het dat sy en haar suster Sannie as dogters gespeel het met hulle klip bokke, en dat sy ‘n “mooi blink bok gehad het met pragtige kleure en dat hy was om ne by so groot soos ‘n dyfeier”.  Gideon Filippes Huysamen (Alexanderbaai) is gebore op Witvoorkop 1944 en kan ‘n mens wonderlike verhale vertel van sy ouers en sy kinderjare op Witvoorkop.  Die familie het die huis gebruik vir ‘n soomer huis en die huis op Sarel Se Kop was hulle winter huis.  Links is Sarel Se Kop se huis 1940’s.  Regs is Nellie, haar dogter Anie by die tafel en die dogterkie met kappie is Sussie en die seun Bertus 1961 besig om reg te maak in die kookskerm voor hulle kraal toe gaan om vee te werk .

Buiten die twee sinkhuisies van Sarel Se Kop en Witvoorkop het die Huysamens ook in matjieshuise geslaap wat hulle maklik op konslaan en afbreek, met die dat hulle in die veld rond getrek het agter wyding vir die bokke en skaape.  Petrus en Susanna Huysamen is in die 1960’s en 70’s oorlede.  Alby is begrawe op die familie begrafplaas op Kortdoorn.

ORANJE RIVIER MOND STRANDLOOPERS

Hierdie is die grootste strandlooper afvalhoop langs die kus van die Richersveld.  Dit is 800m lank en op sommige plekke 30m breed.  Die plek bestaan uit ‘n Kombuis en ‘n Werksplek.  Volgens die style van die klipwerktuie dateer die gebied uit die laat steen tydperk.  Op die perseel is daar ook baie goed bewaarde kleipot stukke gevind wat se dat die gebied is nie ouer as 2 000 jaar nie.  “Intresant” is, in die boek “To The Rivers End” skryf ‘n persoon dat Mnr Corden het ‘n beskrywing agter gelaat van ‘n klompie Strandloopers wat hy tee gekom het by die ORM.  Sy beskrywing is soos volg: eers het hy op die oorblyfsels van ‘n vees afgekom, waaronder die beendere van bobejaane was.  Toe het hy baie naby die rivier se mond 11 Strandloopers gekry, hulle het rob en jakkals velle om hul lywe gehad.  Hulle gesigte was erg gerumpel en hulle velle was met vet gesmeer.  Hulle het water in voëlstruiseierdoppe en bamboeskookers gedra.  Hy het toe ‘n paar hutte gekry, die “Woonplek”.  Die hutte se pale was van walvisribbebeen en was dan met gras toe geplyster.  Volgens die “Kook skerm” het Mnr Cordon afgely dat daar moes baie meer mense gewoon het.  Hulle het toe vir hom verduidelik dat hulle was meer as 200 mense, maar die anders het net een nag opgepak en geloop.  Hierdie beskrywing van die strandloopers was gemaak gedurende 1774 toe die ondekiger hierlangs verby gekom het.  Ons vind dat die 11 Strandloopers later uit gesterf het en dat die ander familie uit gemoor is deer die Nama’s in Namibië.  Wel volgens die beskrywing van waar die Woonplek van die Strandloopers was, is dit moontlik dat dit die selfde een is wat in die Alexanderbaai omgewing gevind is.  By die Kookplek van die ORM afvalhoop kan ons baie leer oor die vroër diere lewe in die gebied en is dit baie belangrik dat die gebied bewaar moet word.  Hartseer van die gebied is dat daar is ‘n pad deur dit gebou, die een helfte van die gebied is totniet weens mynbedrywighede.  Die plek word ook sterk bedryg deur sand en wind irosie.  Foto’s bo en onder is volstruiseierdoppe, krale, bendere, stukkies kool en seeskulpe wat volop by die ORM afvalhoop te vinde is.

HMS – HEAVY MEDIA SEPARATION PLANT

Dit was hier waar die diamante finaal van die gruiskonsentrate, wat van die sifinstallasies ontvang word, geskei word.  Hierdie gebou was die eerste van sy soort in die Alexanderbaai gebied en is in die 1940’s, 50’s voltooi. Vandag staan ‘n gedeelte van die aanleg nog en staar uit oor die see.  Die gebou word nie meer gebruik nie weens ‘n soort gelyke, maar meer modernde een wat gebou is naby die myn kantore.  Bo is hoe die aanleg vroërjare gelyk het en onder is nog net die geraamte van die Hms wat soos ‘n reus bo alles uitstaan dig by die Oranje rivier mond.

OU BLOEKOMBOOM

Langs die pad, kort bytekant Alexanderbaai waar die “eens” dorpie Kortdoorn was, staan die yslike Bloekomboom krom gewaai.  Hy is geplant in 1917 deur Hendrik Jacobus Engelbrecht en is sekerlik ‘n monument in die omgewing.  Hendrik se huis was langs die boom in die vroeë 1900’s en het later verskyf na Witvoorkop.

DIE ENGELBRECHT, HUYSAMEN BEGRAFPLAAS

Die Engelbrecht en Huysamen familie begrafplaas het onstaan weens die twee families wat op Kortdoorn gewoon het vanaf die 1800’s en is daar ook vier grafies van die mense wat daar gewoon het in die plak perhiode.  Minstens agt van die graftes in die begrafplaas het nie steene op nie.  Mense vertel dit spook glo erg by die begrafplaasie.

OPPENHEIMERBRUG

Omdat Alexanderbaai en Oranjemund se mense oor die jare heen puik saamgewerk het, was dit ‘n heuglike dag toe die Oppenheimerbrug oor die Oranjerivier op 7 Febuarie 1951 ingewy is.  Die foto links is die eerste brug wat geval het na die vloed van 1967 en was daar eers ‘n tydelike brug gebou vir die mense om oor te ry.  Onder links is foto van die tydelike brug.  Die nuwe brug is toe in die laat 1960’s voltooi.  Intressant is dat in die tweede pilaar, vanaf die Suid-Afrikaanse kant van die brug is ‘n liggaam binne in die pilaar.  Toe hulle besig was om die konkryk in die pilaare te gooi het ‘n werker in geval en hulle kon hom nie
uithaal nie.  Sy broer het by Alexanderbaai slaghuis gewerk.  Toe hulle die nuus vir hom bring en hy vra: hulle moet hom uit haal, maar hulle kon nie, het hy ‘n mes op getel en sy keel af gesny.  Al bewys van die voorval is ‘n kooperplaaikie wat op die pilaar waarin die liggaam is gesit is.  Die foto aan die regterkant is die nuwe brug.  Die foto is geneem tydens die 1974 vloed. 

ALEXANDERBAAI

Links Alexanderbaai (hawe).  Deur die eeue heen is diamante wat êrens in die binneland uit verweerde kimberliet losgeraak het, deur riviere na die Namakwalandse kus gevoer.  Wisselende seestrome het die dianamte langs die hele kus versprei, terwyl dit deur golfbeweging op sekere plekke gekonsentreer is.  Namate die land bokant die terugtrekkende see uitgestyg het, is die diamante agtergelaat op die terrasse wat ontstaan het en hulle is onder ‘n dik laag waaisand bedek.  Alexanderbaai ontleen sy naam aan ‘n prospekteerder en spekulant wat gedurende die jare 1838-1848 in die geweste bedrywig was.  Sy produkte het hy verskeep van ‘n baaitjie net suid van die Oranjeriviermond.  Hierdie baaitjie is later Alexanderbaai genoem.  James Edward Alexander was natuurlik onbewus van die fabelagtige rykdomme waaroor hy sy handelsware en kopererts vervoer het.  Die eerste diamante is eers in 1925 deur kaptein Jack Carstens naby Port Nolloth ontdek.  Die nuus van hierdie ontdekking het soos ‘n veldbrand versprei en die gebied is deur fortuinsoekers oorstroom.  Dr. Hans Merensky, ‘n geoloog wat ook in die geweste geprospekteer het, het in 1926 ryk ontdekkings langs die kus gedoen en het ook die beste kleims bekom.  Omdat die owerhede die gevare van ‘n oorproduksie op die wêreldmark voorsien het, is alle prospektering en ontginning op Staatsgrond in Februarie 1927 verbied, tot die misnoeë van die fortuinsoekers, wat selfs met geweld gedreig het om die gebied weer oop te kry.  Die owerhede het egter voet by stuk gehou en op 8 Maart 1928 is die gebied tot Alluviale Staatsdelwery onder beheer van die Departement van Mynwese geproklameer.  Stadig maar seker is orde geskep en teen die einde van 1928 was hier ‘n arbeidsmag van 45 Blankes wat onder streng toesig die diamante met pik en graaf uit gruis op die vloergesteentes gewin het.  Vandag 79 jaar later, is Alexanderbaai ‘n moderne myndorp met al die nodige geriewe en fasiliteite.  Die sinkhutte van weleer is deur mooi en gerieflike woonkwartiere vervang.  Die pik en graaf het plek gemaak vir reusagtige stootskrapers en masjiengrawe en waar destyds met handsiwwe geswoeg is, troon nou groot installasies bo die duine uit.  Die woesteny op die rivierwalle is getem en lusernlande pryk nou daar.  Gedurende 1989 het Alexkor oor geneem.  Vanaf die middel 1990’s het die dorp vinnig begin verswak en staan Alexanderbaai nie meer “bors uit gestoot nie”.  Dit is moeilik om te glo dat hier in die noordwestelike hoek van die Republiek, met sy karige plantegroei, sy steenbokkies en volstruise, ploegskaaskilpaaie en akkedisse, het in 79 jaar ‘n dorp verrys wat selfonderhouden en in vele opsigte eiesoortig is.  Dit is alleen deur die geloof, vernuf en volharding van sy mense bereik.

RICHERSVELDROBKOLONIE
Kaapse pelsrob manetjies kom voor langs die klipperige kusleyn van Suidelike-Afrika van ‘n punt Noord van Swakopmund in Namibia tot suid van die Kaap van Goeie Hoop en oos tot Algoa Baai.  Die totale populasie is op die oomblik rondom 1 100 000 diere.  Daar is 23 broeikolonies langs die kus van Suidelike Afrika aangeteken waar van 17 op eilande is en die ander ses op die land, waar onder die een by Buchuberg ingesluit is.  Die meeste broei plekke is in klipperige areas maar sommige van hulle is op sand strande.  Reuse volwasse manetjies skreeu uit om ne by middel Oktober om hulle gebied te beklem in verwagting vir die wyfies wat ariveer in middel November.  Hulle bly op hulle afgebakende area geduurende sesweke terwyl hulle paar.  Kort na die wyfie gearifeer het skenk sy geboorte aan ‘n enkele swart welpie.  Sy gaan op hitte ses dae na die geboorte van die kleintjie en paar met die mantjie in wie se gebied sy beland het.  Die welpies bly in sorg areas en begin stadig om die see te ontdek.  Op die ouderdom van sewe maande kan die kleintjies die land vir drie tot vier dae op ‘n slag verlaat.  Pelsrobe eet visse van klein vis skoole, seekate, ens.  Die rob kolonie langs die kus van die Richersveld is besonders, die robbe klim ‘n krans uit wat onmoontlik lyk om by hulle broeiplek uit te kom.  Die getal robbe in die kolonie is onbekend.

HOHENFELDS – DIE DUITSE FORT

Niemand weet verseker wanneer die fort gebou was nie, maar ons weet verseker dat 1932 het hy al gestaan.  Dit was geduurende die jare dat ‘n van Zyl polisieman, sy vrou en dogter hier gewoon het.  Sy dogter het later groot geword en moes gaan na Duitsland vir geleerdheid.  Geduurende die tyd wat sy weg was het haar moeder gesterf en eers ‘n paar jaar daar na het sy terug na haar pa toe gekom en skokende nuus gekry.  Toe sy haar pa weer sien het hy vir hom ‘n Nama vrou gevat.  Sy en die Nama vrou kon nie oor die weg kom nie en het geduurig gestry.  Eendag toe die dogter se pa weg was om die gebied te patroleer het sy die kobuisbyl gevat en die Nama vrou se kop af gekap.  Die tyd het angestap en die ou fort het slegs ‘n oornag plek per geleentheid geword.  Om Pieter Mier vertel dat in die 1960’s het daar een nag ‘n van Zyl polisieman en ‘n kleurling by hulle huis aan gekom het, op kamele.  Hulle het toe gevra of hulle kan oornag, want by die Duitse fort slaap hulle nooit weer nie.  Hulle vertel toe dat die eerste deel van die nag het die kleurling wag gehou en die twede deel was die van Zyl ou se beert, hy sê: ek het net ‘n teikie gestaan toe hoor ek iets, iets wat klink soos die geslyp van ysters.  Ek het toe rond gekyk en toe sien ek ‘n vrou wat na my toe kom, maar haar kop was af en haar hele lyf vol bloed.  Ons het toe die kamele gepak en deer die rivier hier na julle gekom.  Wel of dit waar is weet ons nie, maar wat ons wel weet is dat daar klom spookstories al ontstaan het oor die ou fort en die bloekombos by die fort waar die Duiters gedurende die oorlogsjare in Namibie die kleurlinge op gehang het.

WEERKANTOOR

Die weerkantoor het in November 1951 tot stand gekom en die eerste voltydse Weerburo-personeel, by name mnre, Kruger, Visser en Albertyn, het oorgeneem.  ‘n Begin is gemaak met die opstuur van ballonne om bo-winde te bepaal.  In 1957 is, onder toesig en leiding van mnr. Laurie Malherbe, begin om weerkundige apparate (Radiosondes) saam met die ballonne op te stuur en het Alexanderbaai, geografies gesproke, die belangrikste weerstasie in die Republiek geword.  Die rede hiervoor is natuurlik die feit dat alle fronte die Republiek vanuit die Weste nader, en ons instrumente dus die eerste veranderings wat uit so ‘n nadering voortspruit, registreer.  Daarna het oom Pottie Potgieter (Bellville) by die Weerburo se kantoor kom werk 1967 tot 1988 toe die kantoor toe gemaak het.  Die geboukie staan vandag nog na winde van tot 122kpu dig by Alexanderbaai lughawe met ‘n wit duinkie by die ingang van sy deur en die ou leë kassies waarop die toerusting gestaan het binne in.
Links, stasie van buite.  Onder, ingang van kantoor.

LICHEN VELD

Hierdie ekologiese sensetiewe gebied net voor die afdraai na Alexanderbaai is die grootste Lichene veld in die Suidelike-Halfront en huisves ‘n antal van 29 geidentiviseerde Lichene spesies.  Die heuwelkies is meestal met ‘n dig oranje lichen oortrek aan die bokant en met ‘n groene aan die onderkant.  Nog spesies wat op die heuwel voor kom is 7 Crassula soorte, 3 Euphorbia’s, 2 Othonna’s, 6 Geraniaceae spesies waaronder een ‘n indemiese spesie is aan die Noord-Westelike hoekie, so te sê 20 Aizoaceae spesies waaronder vyf spesies indemies is en nog
vele meer soorte bolplante.  Links is foto van die oranje
Lichen met pat wat vroeër jare daar deur gemaak was.  Onder is foto van Lithops herrei (indemies an kusvlak van Richersveld) met blomme.

Bo is Crassula plegmatoides en regs bo is Sarcocaulon multifidum (endemies tot die Noord-Westelike hoekie) spesie.
DIE ORANJE RIVIER MOND

Die Oranje Rivier Mond (ORM), aan die einde van die langste rivier in Suid-Afrika is een van die min standhoudende vleilande op die geharde Suid-Wes kus van Afrika.  Die ORM huisves ‘n groot getal watervoëls, met ‘n maximum van 20 653 - 26 653 induviele, van 57 spesies wat aangeteken was Desember 1985.  Omdat die ORM so belangrik is vir watervoëls, is die ORM geklasifiseer as Ramsar en Belangrike Voël Area.  Sedert die klasifiseering as Ramsar gebied 1991, alhoewel, die getal watervoëls geval het by 74% (sedert die opname in 1980 en 1985).  Gedurende 13 opname van Desember 1995 tot Augustus 2001 is ‘n gemideld van 6 873 induviele angeteken gedurende somer en winter.  Hierdie daaling, danksy die vorming van ‘n 300ha soutmoeras is die oorsaak dat die ORM geplaas is op die Ramsar Convention’s Montreux Record in 1995.  Die daaling van voëlgetalle in die ORM is asgevolg van die afwesigheid van groot getalle Witborsduikers en Gewone sterretjie en dat hulle vanaf 1993 – 1994 glad nie meer op die eilande broei binne die Mond gedeelte nie.  Geduurende die her skrywing van die Ramasar kriteria, vind ons dat die gebied steeds drie van die vier Ramsar kreteria’s waaronder oorspronklik geklasifiseer was in 1991 en vyf van die agt nuwe kreteria’s.  Die getal watervoël spesies is al vandag meer as 60 spesies waaronder die ORM oor die algemeen 14 spesies huisves wat in Suid – Afrika en Namibia Rooi Data boeke aan geteken is.  Die ORM huisves ook 33 diere, insluitend die Bruin Hyaena en Kaapse otter.  Reptiele het hulle ook goed gevestig in die ORM insluitend die Water Likewaan en ‘n paar Infibia’s.  In die water van die ORM is daar ook drie indemiese vis spesies, Grootbek geelfis, Klip baber, Namaqa mogel.  Vandag is die hard werkende werkers van “Working” For Wetlands hard besig om die ORM te herstel na sy ou glorie, en die veranderinge kan klaar gesien word.  Onder links, is flaminke en Bontelsies by die Soutmoeras in ORM en regs is stompe wat duisende kilometers saam met die rivier af dryf en uit spoel hier op die strand van die ORM.


Entry is included in following categories Alexander Bay | Other | Anecdote | History | Personal history | < 1500 | 1800-1900 | 1900-1950 | 1950-1990 | 1990+ |